Persoonlike finansies en Amerikaanse skuld –
Friday, August 5th, 20115 Augustus 2011
Met die onlangse aankondiging deur die Amerikaanse regering dat hulle hul skuld plafon gaan verhoog, vra baie beleggers vrae oor wat om nou te doen.
In die laatmiddag nuus, ‘n dag na die aankondiging, word vertel van hoër as normale mark aktiwiteite, beide op ons plaaslike JSE sowel as die Amerikaanse Wall straat. Die nuus is egter meer spesifiek as bloot die hoeveelheid verhandelings, dit handel oor die hoë vlak van verkoop van aandele.
In finansiële beplannings terme word na hierdie optrede verwys as ‘kudde gedrag’ (Engels – Herd behaviour). Die begrip kan in kort beskryf word as die irrasionele gedrag deur mense wat ander se gedrag navolg op grond van emosionele faktore. In hierdie geval is daar slegte nuus in die mark: die Amerikaanse regering kan nie hulle finansiële pligte nakom nie en leen nou meer geld daarvoor. Die slegte nuus maak beleggers bang om aandele in maatskappye te koop of te hou en hulle begin dan verkoop, wat baie aandele beskikbaar stel en die verkoop pryse laat daal (vraag & aanbod). Beleggers wat die aandeelpryse sien daal wil nie verder ‘geld verloor’ nie en bied hul aandele te koop aan. Derhalwe verhoog die aanbod maar die lae vraag na aandele lei daartoe dat pryse verder daal (vir elke aandeel wat verkoop moet word, moet daar iemand aan die ander kant wees wat dit wil koop). So gaan die spiraal afwaarts.
‘n Bekende Wall straat gesegde lees: “In tye van krisis vloei geld van swak hande na sterkes.”
Wat om te doen of Nie te doen nie:
Elke persoon se omstandighede is uniek. Sonder om dus spesifieke advies aan enige iemand te gee:
· Moenie oorhaastige besluite neem nie.
· Hou by jou langtermyn strategie (plan).
Ons weet dat onseker tye ons kliente se pad gaan kruis en bly daarom deurgaans verbind om relevante feite met ons kliente te deel en beleggings strategie te monitor.
Ultima se uitgangspunt is en bly “Gemoedsrus, Lewenslank.”
Nick Dekker